’n Tagtigjarige oom in die ouetehuis loop verby ’n hupse tannie van 74 in die gang. “Vandag is my verjaarsdag!” kondig hy trots aan.
“Ag, fantasties!” sê die tannie. “Ek wed jou ek kan raai hoe oud jy is.”
“Rêrig! Hoe?”
“Maklik!” sê die tannie, “Trek af jou broek.”
Die oom laat sak sy broek.
“En jou onderbroek.”
Die oom maak soos sy sê.
Die tannie streel die oom se familiekierie so ’n bietjie … en toe nog so ’n bietjie.
“Jy is 84!” sê die tannie.
“Genade! Hoe weet jy dit?” vra die oom verbaas.
“Jy het my gister gesê.”
