Hoekom vrouens nie jag nie

Die ou gaan gereeld jag en sy vrou moet altyd by die huis bly. Sy besluit toe om vir haar `n geweer te koop om te gaan saam jag.
Op die plaas aangekom sê hy vir haar om links teen die rivier af te loop, dan loop hy regs teen die rivier af. Hulle sal dan weer mekaar onder by die hoofhek ontmoet.
So gesê, so gedaan. Hy het skaars 200 meter geloop toe hy drie skote Hoor klap.

Hy hardloop terug in haar rigting en by die rivier kry hy haar. Sy stry kliphard met `n man …

“Meneer, dit is my koedoe die ek het hom eerste gesien en drie kopskote gegee!”

“Goed mevrou, ek gaan nie verder met jou stry nie, vat dan die koedoe vir jou, maar gee jy om as ek darem net my saal en toom van jou f*k*n koedoe afhaal?”

(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply