as ek nou moes sterf
In die rigting van die son
het ek veilloos probeer vlug
weg van my pa se donkerkoue gesig
in die rigting van die son
op soek na myself
het ek die koers ingeslaan
en die ooppad oop geslaan
op soek na myself
tot waar twee skreeuende-stil swart strepe
skuins vloei oor die pad se growwe grys
en ‘n oom besig is met die planting
van ‘n handgekerfte geelhout kruis
as ek nou moes sterf
sou my pa ook met trane
‘n kruis plant langs die hoofwegbane
as ek nou moes sterf
(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za) Digters is ook welkom om een foto van te stuur vir publisering.