Jag

Koos en sy vriend gaan jag in die Kalahari. So met die stap kla Koos se vriend oor die fel son en die min water en dis nie lank nie toe sak die man inmekaar.
Gelukkig het Koos sy selfoon daar en skakel dadelik die noodnommer.
"Ek dink my pel is dood wat kan ek doen?" pleit Koos by die persoon aan die ander kant.
"Kalmeer asseblief meneer, ek kan help," sê die persoon "eerstens, kom ons maak seker u vriend is dood."
Skielik is daar doodse stilte en toe klap ‘n skoot.
"Goed" sê Koos, "wat volgende?"

Lewer kommentaar

Leave a Reply