Ballade van Koos Sas

In 1983 het David Kramer die liedjie, “Die Ballade van Koos Sas”, opgeneem en op die langspeelplaat Hanepootpad uitgegee. David het die kopbeen van die berugte Sas in die Montagu-museum gesien en dit het hom geïnspireer om die ballade te skryf.

Hierdie musiekstuk vertel die storie van die berugte Koos Sas wat aan die begin van die vorige eeu in die Montagu-omgewing gewoon het en gereeld in die moeilikheid met die gereg was. In 1917 beland Sas in die tronk vir die moord op ene Boetatjie Botha. Hy ontsnap en verdwyn die berge in wat maak dat hy voëlvry verklaar word. Vyf jaar later skraap konstabel Jurie Dreyer hom op by die plaas Droodaap, naby Springbok. Wanneer hy weer probeer ontsnap, word hy doodgeskiet.

Die dorp se ds. Steenkamp en sy seun neem foto’s van die dooie Koos Sas wat gebruik word om fondse in te samel vir die ACVV. ‘n Paar maande later reken ds. Steenkamp, Sas se skedel is ‘n uitstekende voorbeeld van ‘n San, en neem dit saam met hom Amerika toe vir sy studies daar. Die skedel het later sy pad teruggevind na die Universiteit Stellenbosch, en uiteindelik na sy laaste rusplek in die museum op Montagu.

Kramer se liedjies vertel nie net Koos Sas se storie nie, maar sorg op subtiele wyse ook vir verskillende perspektiewe daarop.

Ballade van Koos Sas
Ballade van Koos Sas
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar