Bek-rek!

Die tyd het aan gebreek vir nuwe vorm van vermaak! Bek-Rek! is Suid-Afrika se eerste komediegroep wat spesialiseer in die Afrikaanse vorm van Standup.

Bek-Rek! is ‘n organisasie sonder winsbejag wat beoog om Afrikaanse komedie in Kaapstad te ontwikkel en te bevorder. In 2008 het Brent Niemandt gesien dat daar ‘n behoefte aan Afrikaanse komedie is. Hy het weeklikse werkswinkels georganiseer om sodoende opkomende komediante ‘n kans te gee om hul materiaal te ontwikkel!

Tans bestaan Bek-Rek! uit ‘n groep van vier komediante, ‘n kulkunstenaar en twee opkomende komediante! Hulle tree op ‘n gereelde basis by verskillende teaters in die Wes-Kaap op, met onlangse optredes by die Durbanville Kunskafee, Die Plaas Teater in Brackenfell en die Aan de Braak Teater in Stellenbosch.

Die groep praat met geesdrif oor die rol van komedie in die land:

“Die Afrikaanse musiekbedryf het die afgelope paar jaar baie groot geword. Dit het die deur vir ander vorme van vermaak oopgemaak, byvoorbeeld komedie.”

“Ons lewe in moelike tye, en ons land benodig iets om ons kwale te laat vergeet, en daar is niks lekkerder as om jou kwale weg te lag nie.”

“Met dit in gedagte, dink ons dat daar ‘n mark is vir ons Afrikaanssprekendes om so ‘n bietjie in ons eie taal te lag!”

Berei jouself voor vir ‘n Komediebredie met ons vars-uit-die-oond Afrikaanse komediante. Hulle gaan gekskeer, gehore laat skater en trane sal loop van die lag!

Vir besprekings en inligting skakel Brent op 072 132 5596 of stuur ‘n epos aan brent@comedyshop.co.za

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar