Laat my langs die heide wandel

Ericaceae

Jackie Carroll

Wandel langs jou eie heide die somer. Heide is enige van ‘n groot aantal struike. Normaalweg verwys dit na die Erica-soorte met klein, lynvormige blare. Hierdie meerjarige plante ontluik een of ander tyd in ‘n see van kleur. Die plante vertoon goed saam met klein keëldraende plante, veral die met ‘n verskeidenheid van vorms, kleure en teksture. Wissel variëteite wat laat blom af met bladwisselende plante met kleurvolle blare in die herfs en gebruik dit in kamelia en rododendron beddings om somerkleur te verleen aan jou tuin. Dit kan ook gebruik word in rotstuine en as grondbedekkings.

Struike geniet ‘n sonnige posisie met goeie sirkulasie van lug en grond met ‘n hoë suurinhoud wat nie moerassig is nie. Die tipe grond is ‘n moet vir somerstruike en indien die pH te hoog is moet jy dit aanpas met aluminium sulfate voor jy dit plant. Vaal blare en stadige groei is gewoonlik ‘n aanduiding van te min suur in die grond.

Jy kan die grond help om water te behou in die somer met behulp van ‘n deklaag. ‘n Laag ou bas is ‘n goeie deklaag vir struike.

Gebruik bemesting, wat ontwerp is vir plante met ‘n hoe suurgehalte, met gereelde tussenposes in die lente. Sien die verpakking vir meer besonderhede. Gebruik eerder vloeibare bemesting want die wortels van struike lê baie vlak en kan maklik beskadig word indien die grond rondom bewerk word. Sny die plante ver terug in die vroeë lente om nuwe groei aan te moedig.

Struike is vatbaar vir fungus en indien die somer warm is met hoe humiditeit is dit wys om ‘n geskikte spuitmiddel byderhand te hê.

Die beste tyd om struike voort te plant is vanaf die middel tot laat somer. Maak ‘n pot half vol helfte sand en helfte steriele veengrond en maak gate met ‘n stok vir die steggies.

Sny 2 – 3 cm van die punt van ‘n loot af wat nie blom nie. Maak seker die loot het gedurende daardie seisoen gegroei. Stroop die blare af van die onderste helfte van die stam en doop dit in ‘n groeihormoonmengsel. Maak seker die gedeelte sonder die blare is bedek met die mengsel.

Plaas die steggies in die gate en maak versigtig nat. Sodra die water gedreineer het maak jy die pot toe met plastiek. Maak seker die plastiek raak nie aan die plante nie. Laat die plastiek in plek vir 6 – 8 weke.

Oor die skrywer: Jackie Carroll is die redakteur van GardenGuides.com, ‘n gewilde bestemming vir inligting oor tuinmaak.

Besoek ook die GardenGuides Seed Shop .

Wenk: As ‘n plant rankerig begin word, d.w.s. as dit lang stele met min blare het, knyp die groeipunte af om groei aan die basis van die steel of die plant aan te moedig.

(illustrasie van Erica jasminiflora deur William Curtis. Hierdie plant kom in die Shaw-pas in die Suidwes-Kaap voor.)

Sluit aan by die Gesprek

3 Kommentare

  1. My suurlemoen boom is ongeveer 3 jaar oud. Dit staan in direkte sonlig. Kry elke jaar beenmeel en vrugteboom voedsel. Kry elke jaar baie blomme maar gooi vruggies af. help asb. Dankie

Lewer kommentaar

Leave a Reply