Suurlemoene


Citrus limon

Die grond waarin ‘n suurlemoenboom staan is van groot belang. Die bome se wortels het baie meer suurstof nodig as ander bome. Die grond moet dus baie goed dreineer.

Die suurlemoenboom hou nie van ryp nie. Sorg dat jou boom beskut is wanneer jy in ‘n gebied woon met baie ryp.

Gee gereeld water, wanneer die bome blom en tydens vrugvorming.

Dit is beter om suurlemoene aan jou boom te laat hang as jy dit nie dadelik gaan gebruik nie. Indien jy dit wel pluk moet jy ‘n stukkie stam saam pluk, dan hou die vrug langer.

(illustrasie Franz Eugen Köhler)

Sluit aan by die Gesprek

78 Kommentare

  1. Dag se, ek is johan botes, ek het 2 jaar gelede n NAVEL boom gekoop by die kwekery, hier die jaar baie navels aan die boom, nie baie groot nie maar is gal bitter, en suur
    Is daar raad vir my asb, ek sal wag vir n boodskap, baie dankie….johan.

  2. Ek het 'n suurlemoen boom laat plant en dit was op die verkeerde plek geplant en is na twee dae geskuif na 'n meer beskutte plek. Die blare het egter hierna begin krul en wit word (gevrek) My vraag is of die hele boom nou dood is ?

  3. Ek wil suurlemoen bome plant in die vrystaat ek kry ryp in die winter? Vrek dit van die ryp of sit dit hulle net terug??

  4. Sorg dat die bome beskut is. Sterk bome sal beslis oorleef. Sommige soorte is ook meer gehard teen ryp as ander.

  5. Ek het n jong suurlemoen boompie ( 1 jaar oud) Hy groei goed en het klomp suurlemoentjies aan , maar sy blare is yl en geel. Ek gee hom gereeld engelse sout . Hoe kan ek maak om gesonde blaargroei aan te moedig?

  6. Aangesien jy reeds Engelse sout gee weet ons dit is nie 'n magnesium tekort nie. Moontlik 'n tekort aan yster, sink en/of stikstof. Dit kan selfs 'n parasiet wees. Of dalk net 'n seisoenale verandering. Ek sou by 'n kwekery gaan aanklop vir 'n geskikte voeding vir jou boom.

  7. Goeie dag almal,
    Ek het n nartjie boom in die hoek van my tuin. Die boom dra baie klein en vrek suur /gal bitter vruggies. Dis on-eetbaar, wat is fout?

  8. Is daar dalk iemand wat groen suurlemoene soek? Ek het so baie aan my boom dat dit die boom wil omtrek. Hendrik 0834196165

  9. Kan ek n suurlemoenboom oor plant. Ek jet in n nuwe huis ingetrek en die vorige eienaars het n jong boompie, so meter hoog, in die middel van die tuin geplant en ek wil hom skuif.

  10. Ons suurlemoen boom is nou 3 jaar oud en het nog geen vrug gedra nie. Hoe end ek hom in en sal dit help dat hy kan vrug dra. Help asseblief

  11. Hi ek het u growweskil suurloenboom kan ek hom spuit met aphicide is nie seker dit lyk soos dopluise (swam) die suurlemoen boom en die siurlemoen

  12. Ek wil graag n suurlemoen boom plant. Hoe agresief is hulle wortels, sal dit bv n muur se fondasie skade doen? Hoe ver moet dit van n muur wees ens?

  13. Kan 'n mens 'n groot suurlemoenboom laat uithaal en op 'n ander plek laat plant? Is daar sukses daarin of sal julle dit nie aanraai nie?

  14. Ek het 'n lemmetjieboom 4jaar gelede by
    'n kwekery gekoop het, hy groei welig en het geen luise of siekte maar hy het nog nooit vrugte gedra. Dan is daar my suurlemoen hy is ook 4jaar oud hy dra goed maar hy nou gooi hy sy blare af. Dankie, ek hoop iemand kan help.

  15. Goeie dag, ek het 'n suurlemoen boom al vyf jaar hy dra verskriklik mooi maar dis groot vrugte met 'n dik skil. Maar dit is baie bitter. Wat kan ek doen om dit bitter weg te kry?

  16. Kan u my asb help. My suurlemoen boom het knoppieblaar wat kan ek doen

  17. Jy kan die boom spuit met 'n mengsel van : 1,85 liter water
    7,5 ml koeksoda
    15 ml canola olie

  18. My suurlemoenboom dra baie mooi, maar hierdie haar is die skille besonder dik en vrug binne baie kleiner. Raad?

  19. ’n Dik skil op enige soort sitrusvrug word veroorsaak deur ’n voedingswanbalans. Die dik skil word veroorsaak deur óf te veel stikstof óf te min fosfor. Tegnies is hierdie twee kwessies een en dieselfde, aangesien te veel stikstof sal beïnvloed hoeveel fosfor 'n plant sal opneem en sodoende 'n fosfortekort veroorsaak.
    Die maklikste manier om die probleem op te los is om fosfor by die grond te voeg. Dit kan gedoen word met 'n fosforryke kunsmis of, as jy iets meer organies soek, beenmeel of rotsfosfaat.

Lewer kommentaar

Leave a Reply