Suurlemoene

Citrus limon

Die grond waarin ‘n suurlemoenboom staan is van groot belang. Die bome se wortels het baie meer suurstof nodig as ander bome. Die grond moet dus baie goed dreineer.

Die suurlemoenboom hou nie van ryp nie. Sorg dat jou boom beskut is wanneer jy in ‘n gebied woon met baie ryp.

Gee gereeld water, wanneer die bome blom en tydens vrugvorming.

Dit is beter om suurlemoene aan jou boom te laat hang as jy dit nie dadelik gaan gebruik nie. Indien jy dit wel pluk moet jy ‘n stukkie stam saam pluk, dan hou die vrug langer.

Hoe lank vat suurlemoen boom om te dra?

‘n Suurlemoenboom neem gewoonlik 3-7 jaar om vrugte te dra as dit van saad gekweek word, maar ‘n geënte boom kan binne 1-3 jaar vrugte begin dra.

(illustrasie Franz Eugen Köhler)

Sluit aan by die Gesprek

78 Kommentare

  1. WAT BEDOEL U MET DIE GROND MOET BAIE GOED DREINEER,HOE KRY EK DIT REG

  2. Die grond moet baie lig wees, m.a.w. baie sanderig. Swaar kleigrond sal byvoorbeeld glad nie werk nie. Werk verrotte plantmateriaal by jou grond in.

  3. Kan ek suurlemoene plant in NW prov Delareyville. Hulle groei mooi in die tuin

  4. Ek het 'n koorsboom op my grasperk geplant en ongelukkig toegelaat dat die gras tot teenaan die stam groei. Toe ek dit vanoggend verwyder, het ek vet, opgekrulde, deurskynende, wit wurms met 'n bruin kop, ontdek in die grond onder die gras. Wat sou dit wees?

  5. Kan iemand raad gee asb. Watter maand is die beste om 'n gevestigde suurlemoenboom wat in 'n pot geplant is uit te plant.

    Ek merk op dat daar een of ander tipe luis aan die onderkant van die blare is wat amper lyk soos watte maar meer poeieragtig. Wat kan ek gebruik om daarvan ontslae te raak?

  6. Die suurlemoenboom sal gewoonlik vrugte afgooi wat dit nie kan onderhou nie. Probeer 'n voeding gee wat stadig vrygestel word.

  7. Hoe ent mens 'n suurlemoen boom? Die oumense het dit altyd gedoen sodat die boom n sterk basis het en goeie vrugte dra

  8. Kan die Eureka suurlemoenboom aard op die Suidkus omtrent 150m vanaf die see?

  9. Suurlemoenbome en seewind is glad nie maatjies nie, maar as jou tuin se omstandighede reg is kan jy miskien sukses behaal. Normaalweg is die antwoord nee.

  10. Het die boom nog nooit gedra nie, of het dit gedra en toe opgehou?

  11. Ek het gehoor as jy engelse sout met water meng en om die boom gooi dit goed is vir die boom?

  12. Dit is, jy kan die sout net so strooi en dit dan goed natmaak. Gee so 70 g op 'n slag, 3 keer per jaar.

  13. Kan jy n suurlemoen boom baie terug snoei? Mense se ek moet op afgesnyde takke PVA verf sit. Is dit reg.

  14. Mens sny dit met so 'n derde terug, tensy jy die tak wil verwyder. Ja vir PVA of aangemaakte kalk.

  15. Goeie dag, my suurlemoen boom se blare is swart, is dit 'n siekte of is dit luise wat dit veroorsaak. Wat kan ek gebruik? Woon aan die suidkus maar agter die buld so geen see wind nie.

  16. Dit is wel luise of ander insekte wat dit veroorsaak. As jy weet watter insek dit is kan jy die nodige doen om van daardie insek ontslae te raak. Jy moet ook van die swart skimmel ontslae raak. Maak n mengsel van 1 koppie appelasyn tot 2 koppies water. Spuit die blare goed nat en laat dit twee uur lank staan. Spuit dan nog twee keer. Die laaste keer laat jy dit oornag so staan. Die volgende dag spuit jy die boom skoon met n sterk straal water. Die mengsel help ook om die insekte te verdryf.

  17. Baie goeie raad vir almal wat sukkel suurlemoen nie groei of dra is bietjie onhigienies maar werk soos bom en heeltemal gratis.Urineer in houer gooi 10 maal soveel water daarby gooi suurlemoen daarmee nat resultate gewaarborg.

  18. Hoe kan ek van dopluis ontslae raak op my suurlemoen bome?

  19. Goeie dag.
    Kan iemand vir my die korrekte inligting gee; ek is opsoek na die suurlemoenboom wat reg deur die jaar vrugte dra. Ek woon in Equestria Pretoria Oos.
    Baie dankie

  20. Die Kaapse growweskilsuurlemoen begin reeds dra as hulle nog jonk is en het omtrent die hele jaar lank vrugte. Hierdie suurlemoen is ook effens minder suur as meeste ander.

  21. ons het 4-jaar-oue suurlemoenbome wat nog nooit gedra het nie.Hulle kry genoeg water, genoeg son, en word gereeld bemes, en het ook geen luise of siektes nie.Die lemmetjie-bome(ook 4-jaar-oud) rondom hulle,trouens ál die vrugtebome(almal saamgeplant)rondom hulle dra al vanaf die 1e/2e jaar.Húlle groei geil, maar produseer niks!Wat kan die oorsaak wees!?

  22. Ons het 4 jaar gelede 'n vrugteboord aangelê.Sommige bome het reeds vanaf jaar1 vrugte gegee,die meeste vanaf jaar2.Ons suurlemoenbome groei geil,kry gereeld water,word gereeld bemes,is goggavry.Hulle het egter nog nooit een enkele vruggie gedra nie.Wat kan die fout wees?

  23. Die geil blare en geen vrugte klink asof hulle te veel bemes word, veral te veel stikstof kry. Waarmee bemes jy? As dit mis is, moet jy dit gee in die middel van julle reenseisoen.

  24. Hi. Iemand het 'n suurlemoen boom uit gehaal vir my, ek het hom direk by my gaan plant. Hoe lank na die plant sal ek kan sien of hy dit oorleef het?

  25. Goeie dag. Ek het 'n suurlemoen boom gekry wat iemand by hulle uit gehaal het. Ek het die boom direk na uithaal geplant in my tuin. Hy lyk baie vaal, sonder blare ens. Hoe lank nadat mens hom geplant het kan jy sien of hy dit oorleef het.

  26. Goeie dag. Ek het 'n suurlemoen boom gekry wat iemand by hulle uit gehaal het. Ek het die boom direk na uithaal geplant in my tuin. Hy lyk baie vaal, sonder blare ens. Hoe lank nadat mens hom geplant het kan jy sien of hy dit oorleef het.

  27. Jy behoort baie gou te sien. Die blare sal verlep bly en nie herstel nie.

  28. My suurlemoen boom kry elke jaar blommetjies maar gooi dit dan af. Dit staan in direkte son, kry gereeld water(2 maal per week)

    dankie

  29. Jy moet seker maak dat dit baie nat was en dat die water daardeur kan spoel dan is dit gedreineer

  30. MY boom het heeltemal blare verloor net stam staan nog.
    Dit is in potklei grond geplant en is goed nat wil net nie vat nie
    Vorige boom het ek in pot verplant en hy groei maar nog niks vrugte kan ek hom weer in grond verplant en moet ek een tans in grond ook in pot plant of hoe kan ek dit plant dat bome wel in grond groei Wil net weet of dit iets met klei te doen het asb

    Reuben
    rdoveton@gmail.com

  31. my suurlemoen boom het gedra en nadat ek hom oordentlik gesnoei het al vir vier jaar niks blomme of vrugte nie wat is fout???????

  32. Hoe gaan ek te werk met die klein takkies wat aan die stam uitkom? Wil dit graag uitplant.

  33. Ek het n suurlemoenboom so 16 jaar terug geplant. Hy dra nou vir die 3de jaar maar ons kan gladnie die suurlemoene gebruik nie, dit is bitter, nie suur nie,maar gal bitter. Wat is die oorsaak daarvan.

Lewer kommentaar

Leave a Reply