Jannie en die duiwel

Klein Jannie en sy klein sussie Sannie skop een hengse kabaal op.

Dis nie lank nie of ma moet ingryp, want Sannie is in trane: “Jannie het my hare getrek!” snik sy.

“Jannie,” sê hulle ma streng “jy weet dis die duiwel wat sulke goed in jou oor fluister. Jy moet nie na die duiwel luister nie.”

“Ja, mamma.” Antwoord Jannie. “Maar mamma,” voeg hy trots by “om haar op die maermerrie te skop was my idee!”

♦♦♦

(Stuur jou grappe na bydraes [by] roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply