Jors se nuwe werk

Jors het besluit op ‘n nuwe loopbaan. Hy is nou ‘n tuinier.

Binne die eerste jaar het hy egter al ses verskillende werkgewers gehad. Toe hy weer aansoek doen vir werk vra die werkgewer hom hoekom hy sy vorige werk verlaat het.

“Die man en vrou het hopeloos te veel geskel en baklei. Van die oggend tot die aand.”
“Dan neem ek jou nie kwalik dat jy bedank het nie.” reageer die werkgewer.

Aangevuur deur die simpatie gaan Jors verder: “Ja-nee, as dit was een groot bakleiery. Ek het nooit ‘n bietjie rus gehad nie. As dit nie ek en hy was nie, dan was dit ek en sy. Mens sou sweer slaap is ‘n sonde”

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar