Koos en Jors maak ontbyt. Terwyl Jors besig is om sy roosterbrood te smeer sê hy: “Het jy al ooit agtergekom dat as jy ’n sny roosterbrood laat val, val dit altyd met die botter na onder?”
“Nee man,” sê Koos “mens onthou net daai kere omdat jy moet sukkel om die gemors skoon te maak. Ek wed jou dit land net soveel keer op die ander kant.”
“O nee! Kom ek wys jou!” sê Jors en hy laat val ’n sny roosterbrood.

Die roosterbrood land met die botter na bo.
“Sien, ek het jou gesê.” laat hoor Koos vinnig.

Jors was vir ’n oomblik stil en verstom, maar toe begin daar stadig ’n glimlag op sy gesig vorm: “Nee man!” sê Jors in sy skik. “Ek sien wat gebeur het! Ek het verkeerde kant gebotter!”

Lewer kommentaar

Leave a Reply