Jou ma is so vet …

Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za

… haar naeltjie kom vyf minute voor haar by die huis aan.

… enige vyf Suid-Afrikaanse kabinetslede kan agter haar wegkruip.

… sy moet haar onderklere in die oprit stryk.

… jy kan nie met ‘n tenk petrol om haar ry nie.

… sy neem groepversekering uit.

… wanneer sy val en probeer opstaan, wieg sy haarself aan die slaap.

… haar naeltjie het ‘n eggo.

… as sy omdraai kry sy ‘n verwelkomingspartytjie.

… as sy by ‘n taxi-staanplek verbyloop probeer mense in haar klim.

… hysbakke kan net af gaan met haar.

… sy verhuur haar as ‘n bergfietsbaan.

… die pendeltuie gebruik haar as ‘n baken op die aarde.

… hulle moes ‘n lugfoto neem vir haar ID.

… sy kon nie popspeel nie, sy het dwergies gehad.

… sy het altyd ‘n groepbespreking by die buffet.

… sy eet nie met ‘n vurk nie, maar met ‘n vurkhyser.

… die weerdiens moet ‘n ogie hou oor haar winde.

… sy moet ‘n oornagsakkie pak as sy 100 meter gaan hardloop.

Lewer kommentaar

Leave a Reply