Kalf

Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za

Die boer se vyfjarige sien vir die eerste keer hoe sy pa een van die koeie help kalf. Die boer besef dat hy nou dalk sy eerste toespraak oor die bytjies en die blommetjies sal moet hou. “Enige vrae?” vra die boer.
“Net een”, sê die kind. “Hoe vinnig het daai kalf getrek toe hy die koei getref het?”

Lewer kommentaar

Leave a Reply