Koos kyk na die diere

Koos se vrou gaan vir haar ma kuier.

Sy gee vir Koos duidelike instruksies dat hy nie haar kat se kos vir sy boerboel moet gee nie en sy herinner hom dat die kat en hond nie naby mekaar toegelaat mag word nie.

Die eerste oggend bel sy hom. Sy ken vir Koos en weet hy het weer aangejaag.

“Koos, het jy my kat se kos vir die hond gegee?”
“Ou Boel het dit geëet.” antwoord Koos skuldig.
“Wat de hel is fout met jou!” begin sy. So was sy Koos se kop vir hom vir 10 minute.

“Ek wil jou net sê,” begin Koos “Boel het niks van daai blikkieskos gehad nie, maar as jy so te kere gaan oor ‘n ou blikkie wil ek eerder nie vir jou sê Boel het die kat geëet nie.”

Lewer kommentaar

Leave a Reply