AntiSec steel miljoene Apple-gebruikers se inligting

Die kubergroep AntiSec het persoonlike inligting van 12 miljoen Apple-, iPhone en iPad-gebruikers van ‘n rekenaar gesteel.

AntiSec het reeds die besonderhede van 1 miljoen van die gebruikers gepubliseer as bewys van die diefstal. Dit is moontlik dat die rekenaar aan ‘n lid van die FBI behoort het.

Dit is nie die eerste keer dat inligting van Apple-gebruikers gesteel word nie. Die hacktivist groep Anonymous het middel verlede jaar gebruikersname en wagwoorde van gebruikers van die Apple-databasis verkry en gepubliseer.

Lewer kommentaar

Leave a Reply