In hierdie debuutbundel word die eenheid wat deur die onderlinge verband tussen die afsonderlike verhale geskep word, as versterkende tegniek ingespan.
Dit vorm nie net tematies ’n eenheid nie maar vertoon ’n terugkerende ooreenkoms van situasie en karakters, byvoorbeeld twee susters waarvan een mooier en inkenniger is, ’n familie se sieklik geykte uitdrukkings en maniërismes, ’n problematiese verhouding met die ma, geskeide en hertroude ouers, die ma se verknogtheid aan haar honde, lesbiese verbintenisse, mislukte of betekenislose verhoudings, siellose seksuele ervarings, onmag om deel van die konvensionele gesins- en familieopset te word.
Bloedfamilie
Bloedfamilie / deur MS Burger — Human & Rousseau, 7 Julie 2012. — 160 p. ; sagteband. — ISBN 9780798157391
Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: MS Burger, Bloedfamilie