Koos se vrou was so lelik, mense het haar nie sommer in die gesig gekyk nie, tensy dit rêrig nodig was. Nie in ’n duisend jaar sou Koos dink dat enige man ooit twee keer na haar sou kyk nie.
“Nou vertel bietjie Koos, hoe het jy hom doodgeskiet?” wil die konstabel weet.
“Dink jou in konstabel.” Begin Koos. “Met my lelike vrou het ek dit nooit verwag nie! Ek kom by die huis, stap by die slaapkamer in en daar is my vrou sowaar as wragtig besig met ’n ander man!”
“En toe?” Vra die konstabel.
“Hel, ek skrik toe so groot dat ek my geweer gryp en sy gidshond doodskiet.”
♦♦♦
(Stuur jou grappe na bydraes [by] roekeloos.co.za)
