Koos van der Merwe wag al heeldag vir sy beurt om in die hof te verskyn oor ’n verkeerskaartjie.
Net toe Koos aan die beurt kom besluit die regter om die hof te verdaag vir die dag.
“Watse kak is die?” roep Koos uit.
Die regter kyk geskok op en antwoord dadelik “Ek beboet jou met R500 vir minagting van die hof.”
Koos ruk dadelik sy beursie uit.
“Jy hoef nie vandag te betaal nie.” sê die regter.
“Ek wil nie betaal nie” antwoord Koos “ek kyk of ek genoeg geld het vir nog twee fokken woorde.”
