Estian Maree (akoestiese kitaar, ukulele en sang) en Max Koenig (klavier en sang), het mekaar in 2016 by hul koshuis, Huis Visser, op Stellenbosch Universiteit, ontmoet. Daar was hulle altwee deel van Sailors, die koshuis se sêr-groep. Saam het hul die Sailors met groot sukses gelei en ook verskeie toekennings gewen – onder andere vir Beste Self Geskrewe Lied (“Suiderkruis”) en beste mans-solis (Max in 2019). Dit is hiér waar hulle besef het dat hulle ’n wenspan maak.
Red Sheep is in 2018 na hul eerste optrede gebore en dié naam is ’n verwysing na die twee manne se hare. Koenig het rooi hare, en Maree het lang blonde krulhare soos ’n skaap – vandaar ook sy bynaam, Dorper, in sy koshuis dae. Musiek is deel van Estian én Max se lewens al vandat hulle kon loop, en hul liefde vir dit wat hul doen leef hul uit op die verhoog.
Vir die eerste keer by Die Boer restaurant-teater in Durbanvile op 16 Maart om 20:30. Deure open 18:00 vir ete. Kaartjies kos R150-00 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

