Jannie bel die aand vir ma: “Hallo Ma. Ek is in ’n strip club!”

Ma: “Dis erg! Sien jy iets wat jy liewer nie wil sien nie?”

Jannie: “Ja ma. Vir pa!”

**********************

’n Romein loop by ’n kroeg in en bestel een Martinus. “Bedoel jy ’n martini?” vra die kroegman.

“As ek ’n dubbel wou hê, sou ek vir een gevra het’, sê die Romein vies.

**********************

Gewapende rowers storm by ’n restaurant in en begin almal se beursies, horlosies en selfone af te vat. Koos en sy vriend Mike sit toevallig daar en eet. Koos druk skielik skielik iets in Mike se hand. “Wat is dit?” vra Mike. Koos fluister terug: “Dit is daai R100 wat ek jou skuld.”

Lewer kommentaar

Leave a Reply