Dokter: “Jy het ’n baie seldsame siekte Koos. Ons sal jou onder kwarantyn moet plaas … en jou op ’n dieet sit van pannekoek en pizza.”

Koos: “Sal die pannekoek en pizza die siekte genees?”

Dokter: “Nee, maar dis al wat ons onderdeur die deur kan stoot.”

*****

Die Grieke het seks uitgevind.

Die Italianers het vrouens ook betrek.

*****

Wat noem jy volwassenes met denkbeeldige maatjies?

Godsdienstig.

******

“Mamma,” sê klein Bettie, “In plaas van om vir my klere te koop vir my verjaarsdag, koop eerder vir al die meisies wat nie klere het nie.”

“Ag, my engel,” sê mamma, “Dis vreeslik gaaf van jou. Watter meisies is dit?”

“Ag, mamma weet mos, daai meisies op pappa se rekenaar.”

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar