Daai 4 weird bra’s met die baie instrumente het al weer ’n nuwe, beter musiekstuk bymekaar gesit. Nuwe ghitare is gebou, nuwe stories is geskryf, maar die aanslag en kwaliteit van die musiek bly nog steeds op die heel boonste rak.

Mr Cat & the Jackal is besig om hulle nuwe CD, Chapters, in vier dele op te neem, en die tweede EP gaan bekend gestel word by Die Boer teater restaurant in Durbanville, die groep se tuisveld.

Bespreek jou tafel vir Saterdag 23 Feb om 20:30 nou, voordat jy hulle mis en net al die vreemde stories tweedehands weer moet hoor. Kaartjies kos R130 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Lewer kommentaar

Leave a Reply