My hart aan jou
Soos ’n dief innie nag
steel jy my hart
in ’n liefdesgedig
het jy my betrap
sonner beheer en
so onverwags
van al die harte
het jy myne gevat
Ek het jou lief
oneindig lief
bewaar my hart
my hartedief
besit my hart en
moet nooit laat gaan
Soos Queen of hearts
laat bloei jy
my hart …
uitgeruk, met volle mag
Ek kreun vannie pyn maar
hoor hom nog klop
so sê my lief
is daar nog hoop?
Nes ’n pyl deur die hart ,
steek jy my hard
Jy los ’n wond
bitter en seer
My harkie …
kom maak tog weer gesond
Ek het jou nog lief
my enigste lief
kom genees my hart
my hart en siel
Ag verlos my tog van
die seer …
moet my nie verlaat
My hart is gebroke
Ek’t geen woorde
so ek skryf maar
’n brief :
Asseblief my lief
my hartedief
kom maak weer heel …
hy behoort net aan jou

(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za) Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.