‘n Vrou besluit om ‘n advertensie te plaas in ‘n laaste desperate poging om ‘n ordentlike man na haar hart te vind.
Sy lys 3 eienskappe in die advertensie:
1) Hy mag nie rondloop nie.
2) Hy mag nie sy hand vir haar lig nie.
3) Hy moet iets besonders wees in die bed.
Daar is goeie reaksie op die advertensie, maar dit is meesal ‘n klomp kansvatters.
Sy wou net begin moedeloos raak toe die voordeurklokkie eendag lui.
Toe sy die deur oopmaak sit daar ‘n man in ‘n rolstoel met geamputeerde arms en bene. “Ek is hier in verband met u advertensie en soos u kan sien kan ek nie regtig rondloop nie. En ek sal duidelik nooit ‘n hand teen u kan optel nie.”
“En my derde versoek?” vra die vrou skaam.
Die man glimlag: “Hoe dink u het ek die voordeurklokkie gelui.”
(Oorspronklik verskyn 15 Maart 2012.)
