Oupatjie is by die dokter en dié is bekommerd want die bloeddruk en die cholesterol is baie hoog. Dokter skryf pille voor en gee raad “… oom moet die tannies by die ouetehuis laat staan!”
‘n Maand later is oupatjie weer by die dokter. Oupatjie se gesondheid is baie beter en dokter wil weet of daar nog enige ander probleme is.
“Ja, dokter! Die tantes kla hulle is moeg. Hulle wil weet of hulle nie nou maar ‘n bietjie kan lê nie.”
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
