Chris Chameleon in Saartjie se Garage

Saartjie kondig met trots aan dat Chris Chameleon Vrydag 2 November in haar gargae speel. Deure maak 19:00 oop, ete word om 19:30 bedien en die vertoning sal net na ete begin.

Nerens anders sal jy Chris in so ‘n intieme omgewing sien speel nie en wat dit nog verder uniek maak is dat hy akoesties gaan speel. Geen mikrofone, drade of versterkers nie.

Saartjie se Garage het die perfekte akoestiek om die uiters talentvolle Chris se stem behoorlik tot reg te kom sonder die fieterjasies van elekronika.

Die koste beloop R290 per persoon wat die vertoning insluit as ook Saartjie se beroemde vier-gang-maal. Ons is ongelukkig nie gelisenieërd nie, so jy kan jou eie drinkgoed bring. Glase word wel verskaf en koffie en tee word na die vertoning bedien. Ons kan voorsiening maak vir enige dieëtkundige vereistes.

Bespreek nou kaartjies aanlyn deur na Saartjie se Garage se blad op Face Boek te besoek en op “Buy Tickets” te kliek of volg die volgende skakel:
www.facebook.com/pages/Saartjie-se-Garage/141782335881710?ref=ts&fref=ts

Jy kan ook bespreek deur saartjiegarage@gmail.com te e-pos en dan sal hulle die bankbesonderhede aanstuur.

(Saartjie se Garage is in Melville.)


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply