Daar was ’n tyd toe jy nie deur Paternoster kon ry sonder dat iemand ’n kreef (gewoonlik ondermaat) aan jou probeer verkoop nie.

Uiteindelik het die owerhede besluit om iets daaraan te doen en ’n inspekteur is op die plaaslike bevolking losgelaat. Sommer die eerste dag kry hy ’n kêrel met twee krewe in sy mandjie – buite seisoen.

“Meneer, ek gaan jou moet beboet vir daai twee krewe in jou mandjie.”
“Nee inspekteur, die’s my troeteldiere, Apie en Klasie. Ek hou die twee net veilig, met al die poachers hier rond. Julle tweetjies kan nou weer gaan swem,” en met die keer hy die mandjie om en daar verdwyn die krewe. Hy draai na die inspekteur en sê: “Wel, ek gaan nou maar pad vat huis toe.”
“En wat van jou troeteldiere, die krewe?” vra die inspekteur.

Die man kyk die inspekteur so skeef aan en vra: “Watter krewe?”

Lewer kommentaar

Leave a Reply