Toe die man die middag sy voet by die deur insit staan sy vrou daar en klap hom dat hy vier van haar sien.
“En waarvoor was dit?” vra die man verbaas.
“Ek het daai papiertjie in jou baadjie gekry waarop staan Sarie!” gil sy.
“My skat, dit is ‘n perd waarop ek Saterdag ‘n weddenskap geplaas het.” stel hy haar gerus.
‘n Paar dae later sit hy en televisie kyk toe hy ‘n groot oorveeg hier van agter kry.
“En nou?” vra hy weer verbaas.
Sy vrou gluur hom aan: “Jou perd is op die foon.”
Drie renperde staan in die stalle en spog.
Perd 1: “Ek het tog drie van my laaste ses wedlope gewen.”
Perd 2: “O wel, ek is op vier uit ses.”
Perd 3: “Dis nog niks, ek het al ses my laaste wedlope gewen.”
‘n Windhond stap verby en sê: “Menere, ek het onlangs my dertigste agtereenvolgende wedloop gewen.”
Die perde is stomgeslaan. Hulle kake hang amper op die grond. Dit kan nie waar wees nie.
Uiteindelik kom een tot sy sinne: “Wil jy nou meer, ‘n hond wat kan praat.”
