Twee oud-Springbokke wat al redelik aanstap in die jare sit en wonder hardop of daar rugby in die Hemel is. Hulle belowe mekaar dat die eerste een wat sterf, die ander een op een of ander manier sal laat weet.
’n Week later gebeur dit dat die eerste een van hulle sterf. ’n Paar dae daarna herken sy vriend sy stem wat uit die wolke kom.
“Theuns, jy sal dit nie glo nie. Ons speel rugby hier. Al die ouens is hier en hardloop rond soos in die ou dae. Daar is bietjie slegte nuus ook ou vriend. Jy speel flank in die naweek.”

