’n Man met ’n balaklawa oor sy kop en ’n haelgeweer in die hand storm by die spermbank in.
“Gee my alles in die kluis!” skree hy op die geskokte ontvangsklerk.
“Maar meneer” sê sy bang, “dit is ’n spermbank, ons het nie geld hier nie.”
“Maak oop die kluis!” hou hy aan.
Die dame maak die kluis oop. “Sien meneer, dis net houertjies met sperm.”
“Pak ’n paar van daai goed op die toonbank.” sê hy dreigend.
Die dame pak ’n paar houertjies op toonbank.
“Haal die deksels af.” sê die rower.
Sy haal die deksels af.
“Nou sluk weg daai houers asof jy shooters in ’n kroeg drink.” sê die man en rig die haelgeweer op haar.
Bewerig sluk die ontvangsklerk elke houertjie weg.
Met die ruk die man die balaklawa van sy kop af en sê “Sien jy nou Martie, jy kan!”
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
