Daar was hierdie dieretuin met ‘n baie horny vroulike gorilla. Ongelukkig kon hulle vir haar geen mannetjie kry nie en nadat hulle reg oor die wêreld gesoek het en niks gekry het nie, besluit die raad van die dieretuin om ‘n vergadering te hou. Die enigste oplossing waarmee hulle vorendag kon kom was om die skoonmaker, van Benoni, R500 aan te bied om seks te hê met die gorilla. Hulle roep hom in en vra hom of hy bereid is om seks te hê met die gorilla vir R500. Die ou het so bietjie gedink en gevra of hy ‘n dag kan dink daaroor. Die raad het heeltemal begrip daarvoor en die vergadering word verdaag tot die volgende dag. Die volgende oggend kom die skoonmaker, van Benoni, en stel aan die raad dat hy seks sal hê met die gorilla op 3 voorwaardes. Die eerste een is dat as ‘n kind verwek word as gevolg van die daad, die media nooit daarvan sal weet nie. Die raad stem in. Die tweede voorwaarde is dat as daar ‘n kind gebore word uit die daad, hy gedoop sal word in die NG kerk. Die raad is tevrede. En sy derde voorwaarde is dat hulle hom asb net 3 weke sal gee om die R500 in te samel!
