Die man en vrou lê in die bed toe ´n dronkie laatnag aan die deur klop.
Dronkie: “Ag, kan meneer my asseblief kom shtoot?”
Man: “Nee jammer, dit is laat in die nag en ek en my vrou slaap reeds lankal.”
Terug in die bed herinner sy vrou hom daaraan dat hulle onlangs ook laat in die nag gaan staan het en by iemand moes aanklop vir hulp. Die man spring op en hardloop na buite.
Man: “Meneer is jy nog hier?!”
Dronkie: “Dja! Hie oppi swaai.”
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
