Die twee eerstejaars trap oor die tou en besluit om die nooi se ouers die naweek op die plaas oor die situasie te gaan inlig. Die hele aand het die kêrel gewroeg oor hoe hy die voorgenome skoonouers oor hul lot gaan vertel, maar hy kom nie sover om dit te doen nie. Die nag het hy sleg geslaap en die volgende more was hy vroeg op. Hy was heel verbaas om oral op die werf net Toyotas te sien. In die motorhuis het ´n Camry gestaan, onder die boom ´n Hilux bakkie en in die stoor was ´n Land Cruiser. Selfs die plaas se naambord was geborg deur Toyota. Terwyl hy hom so verwonder, groet die oom hom skielik. Die arme kêrel skrik hom flou. Maar kenmerkend van ´n vindingryke student herstel hy gou en vra die oom uit oor sy baie Toyotas.
“Toyotas het baie goeie masjiene. Hul ratkaste gee nie in nie. Die Land Cruiser se vere kan jy maar laat werk. Die onderstelle hou vir ewig. En selfs in die winter sukkel ´n mens nie om die Toyotas te start nie,” sê die oom.
Waarop die kêrel vinnig antwoord: “Oom se dogter is seker ook ´n Toyota. Ek het haar net so ‘n ligte stootjie gegee, toe vat sy.”
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
