Vinnig dink

‘n Ou omie dring daarop aan om ‘n halwe kool te koop by die supermark. Hoe meer Jannie vir hom sê hulle het nie halwe koppe kool nie, hoe meer hou hy aan hy wil net ‘n halwe kop hê.

Uiteindelik moes Jannie die bestuurder gaan vra. “Meneer, hier is ‘n ou poephol wat daarop aandring om ‘n halwe kool te koop.” Hy is skaars klaar met sy sin toe sien hy die ou oom agter hom staan. “En hierdie gawe meneer het aangebied om die ander helfte te koop.”

Toe die oom weg is sê die bestuurder: “Jannie, ek hou van ‘n man wat op sy voete kan dink. Waar kom jy vandaan?”
“Porterville.”
“En hoekom is jy weg daar?”
“Ag, meneer, al wat jy daar kry is boere en slette!”
“My vrou kom van Porterville af.”
“My mágtig meneer, waar was hulle plaas?”

(Stuur jou grappe na bydraes by roekeloos.co.za)


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply