‘n Klag van aanranding teen ‘n 15-jarige skoolmeisie by die Hoërskool Krugersdorp word ondersoek nadat sy na bewering ‘n mede-leerling met ‘n glasbottel geslaan het, het die polisie gesê.
‘n Vriend van die aanvaller het die voorval, wat op 30 Januarie plaasgevind het, met sy selfoon afgeneem.
