‘n Senior direkteur van maatskaplike welsynsdienste in die Wes-Kaap word van die besit van dwelms aangekla nadat hy na bewering met tik betrap is.
Dave Mcnamara is op 28 Junie 2011 in die vroeë oggendure by die berugte woonstelblok Senator Park in die Kaapstadse middestad aangekeer, maar die saak het eers Dinsdag aan die lig gekom nadat Die Son vandeesweek oor die saak berig het.