Moenie die verhoogvertoning van Coenie de Villiers se Hart van Glas misloop nie.
Hart van Glas omvat veertien snitte wat weer eens bewys dat dit onmoontlik is om De Villiers se skeppende vermoëns in ‘n blik te druk: daar is ‘n skeut jazz; hy span kragte saam met nuwe, alternatiewe kunstenaars; bewys dat hy die meester van die ballade is; bevind hom gemaklik in die klassieke genre en verras met liriek en musiek wat ‘n nuwe standaard vir Afrikaanse musiek – én Suid-Afrikaanse musiek – daarstel.
Die gelyksoortige verhoogvertoning kan gesien word by die Woordfees in Maart 2012 en ook by die KKNK aan die begin van April 2012.
Jaconell Mouton is die musikale regisseur en is deel van die vertoning saam met gesoute musikante David Klassen en Mauritz Lotz.
Woordfees – 10 Maart 2012
KKNK – 1 – 3 April 2012
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
Lewer kommentaar