Vinnig nè

Gatiep is toergids in die Kaap. Hy doen net Afrikaanse toere, want die uitlanders verstaan hy nie, nervermaaind hulle vir hom.

Die dag het hy ‘n taamlik bombastiese kêrel uit Vereeniging wat hy die Kaap moet wys.

Eerste stop is die Victoria & Alfred Waterfront. “Die plek het minner as dêtig jaar gevat om so groot te raak” spog hy trots.
“Hel julle Capies is darem ‘n lui spul. In Gauteng sou ons dit binne tien jaar gebou het.”

Gatiep gaan wys hom die Groenpunt-stadion. “Mooi nè, minner as drie jaar gevat om daai baby op te sit.”
“Ag nee wat, julle is maar treurig. In Gauteng het ons twee stadions gebou in dieselfde tyd.”

“En gaan jy my niks daarvan vertel nie?” vra die man uit Vereeniging, terwyl hy na Tafelberg wys.

“Daai weet ek niks van nie, dit wassie gistraand hier nie – is true!”


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply