Mandela foto en ander kunswerke op veiling

‘n Groot versameling kontemporêre kuns word Dinsdag in Johannesburg opgeveil deur Stephan Welz & Company. Dit sluit in die foto van Nelson Mandela wat in 1952 deur Jurgen Schadeberg geneem is. Die foto is gewaardeer vir tussen R30 000 en R40 000. Die foto is geneem kort nadat Mandela en Oliver Tambo die eerste swart regspraktyk in die land geopen het.

Ander kunstenaars wie se werk te koop sal wees is William Kentridge, Conrad Botes, Robert Hodgins, David Koloane, Wayne Barker en Kendall Geers.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar