“Julle hou mos van gediggies skryf. Vandag wil ek ’n paar hoor wat lekker rym. Wie’s eerste?” vra juffrou.
“Ek, ek!” gil-lag die voorbarige Jakob. “Ek sien haar by die sokkie, sy dra die mooiste rokkie.”
“Pragtig Jakob.” “Sannie?”
“As my pa iets lekker soek, bak my ma ’n Swartwoud koek.”
“Mooi Sannie. Ja, Jannie?”
“As ek in die slootjie kniel, spat die water teen my knie.”
“Dit rym nie Jannie.” sê juffrou.
“Wel, as juffrou daarop aandring, dan kan ek bietjie laer kniel.”

Lewer kommentaar

Leave a Reply