‘n Engelsman, Amerikaner en Nigeriër is toevallig saam in die hospitaal en wag vir hul vrouens om geboorte te skenk.

Die verpleegster kom uit en kondig aan dat hulle almal vaders van gesonde babaseuntjies is.

“Daar is net een probleem,” sê sy. “Omdat hulle almal op dieselfde tyd gebore is, het die lêers deurmekaar geraak en ons weet nie watter baba aan wie behoort nie. Sal julle, as hul pa’s, omgee om hulle te kom identifiseer?”.

Die mans stem in en gaan kyk na die babas. Onmiddellik buk die Engelsman af en tel die swart baba op. “Ja, dit is beslis my baba,” sê hy vol selfvertroue.

“Verskoon my,” sê die Nigeriër vies, “maar ek dink dis redelik duidelik hierdie is my seun.” Die Engelsman trek hom eenkant toe en sê: “Ek sien waar jy vandaan kom, maar een van hierdie babas is ’n Amerikaner en ek gaan wragtig nie die kans vat nie.”

Lewer kommentaar

Leave a Reply