‘n Koor gedeelte wat aan jou kom kleef, “Hy besoek jou tot in die diepste klowe van jou siel”. Die wysie en lirieke eggo oor en oor in jou kop. ”My Sionsbruid, my pêrel. Waar kom jou hulp vandaan? Dis Ek wat jou uit die strik uithaal. Ek sal jou lei, want jy behoort aan My. My Sionsbruid”
So geïnspireerd deur die ware verhaal van Roxanne Hogan se nuutse boek “Sionsbruid” wat vroeër vanjaar uitgereik is, het redaktrise en boekuitgewer Elaine Broekman, onbeheersd self begin pen en in ‘n oogwink toe lê haar eerste stel lirieke voor haar. “Ek het nie toe geweet wie nie, maar sonder twyfel, wel geweet dat die Here iemand sal stuur met die ander helfte van die legkaartstuk. Die musiek en kyk, Hy het.” Vertel sy laggend.
Ian,’n lid van die nuwe musiek groep, het met die lirieke voor sy klavier gaan sit en soos Elaine se woorde op papier sy hart geraak het, het daai lirieke een vir een note by gekry. Soos die ander twee lede van HoutSnaar, as ook Musiek Vervaardiger: Markus Els, elkeen hul unieke stempel en talent bygevoeg het, het die lied gegroei en ontstaan as ‘n boodskap van hoop na elkeen wat hom luister. Hoop is dat elkeen wat hom hoor, opnuut weer sal glo en vertrou en waarlik die liefdesbrief van die Vader aan Sy bruid beleef in “Sionsbruid”.
Die groep bestaan uit drie van die Marx broers. Die Tweeling; Heini en Ian (25) en Earnie Marx (24), wat sterk gelei voel om musiek te maak wat ń verskil kan bring.
Met ń passie vir ons land en sy mense is HoutSnaar patrioties oor die feit dat ons wortels as volk nog altyd diep geanker in geloof was, en dat hulle hul deel doen om dit te behou. In hul eie woorde “Ons volg eerder die Piet Retief metode en denkwyse en gaan op ons kneë in tye van nood.”
“SionsBruid” is dalk hierdie boeties se eerste enkelsnit maar hulle beplan om nog baie geraas te maak in die musiek industrie in beide die geestelike en kommersiële mark. HoutSnaar beloof om altyd ten spyte van die musiekstyl, getrou te bly aan hul geloofswaardes en dat dit steeds sterk deur sal kom in al hul toekomstige musiek. Tans woon hulle in die Laeveld omgewing.
