Twee ouens in ‘n malhuis besluit om sommer daar in hulle saal winkel-winkel te speel. Die een ou sê hy sal die winkelier wees en die ander een kan die klant wees. Die klant kom staan by die toonbank.
Mal ou 1: "Staan agter die lyn! Die winkel is vol."
Die ander ou gaan staan agter die lyn en stap stadig vorentoe na die kamtige toonbank.
Mal ou 1: "Moenie kom indruk nie! Staan agter die lyn! Die winkel is vol."
Die ander ou gaan staan agter die lyn en stap stadig vorentoe na die kamtige toonbank.
Mal ou 1: "Moenie kom indruk nie! Staan agter die lyn! Die winkel is vol. As jy weer kom indruk gaan ek jou hard slaan!"
Die ander ou gaan staan agter die lyn en stap stadig vorentoe na die kamtige toonbank. Toe hy daar kom word hy plat teen die grond geslaan.
Mal ou 2: "Dokter! Dokter!"
Die dokter kom ingestorm, sak op sy knieë by hom neer en vra, "Wie het jou so geslaan."
mal ou 2: "Ek het hom nie gesien nie dokter, die winkel was te vol."
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
