Windpomp

Die droogte in die Karoo het so erg geword dat daar niks meer oor is van Oom Sarel se plaas nie.
Hy het al sy beeste laat slag, al sy skape verkoop. Die veld is so droog soos hy dit nog nooit in sy 65 jaar gesien het nie.
Die plaaswerkers het verlede maand getrek om te gaan kyk of hulle nie kan werk kry in Zimbabwe nie, so sleg het dit gegaan. Oom Sarel sit een oggend op die stoep, verby moedeloos.
Skielik kom daar ‘n helikopter oor gevlieg. Hy kyk die helikopter so, draai na Tant Sarie en sê vir haar: "Daar fokkof die windpomp ook nou nog!"

bydrae: Rian Kuyk

Lewer kommentaar

Leave a Reply