სიყვარულის ქანდაკება

სიყვარულის ქანდაკება (die standbeeld van liefde) staan in die stad Batumi aan die kus van die Swart See in Georgië.

Dié standbeeld, deur die Georgiese kunstenaar Tamar Kvesitadze, is geïnspireer deur die storie van Ali en Nino deur Kurban Said. Dit is die tragiese verhaal van ’n Azerbeidjaanse seun wat verlief raak op ’n Georgiese prinses, maar hul liefde word verskeur deur godsdiens, kultuur en oorlog.

Die twee beelde beweeg na mekaar en vorm een beeld elke 10 minute. Die beweging van die 7 ton beeld gaan gepaard met dramatiese beligting en word deur ’n rekenaar beheer.

Die standbeeld van liefde
Die standbeeld van liefde

(foto: Маша Рябкова)

Lewer kommentaar

Leave a Reply