’n Naskildering van Leonardo da Vinci se Mona Lisa wat deur een van sy vakleerlinge gemaak is terwyl dié meester aan die oorspronklike skildery gewerk het, lok groot skares na Madrid se Prado-museum.
Onlangse restourasiewerk aan die naskildering het bewys gelewer dat ’n vakleerling vir die werk verantwoordelik was. Dit word nou vir die eerste keer in die Prado ten toon gestel.
