Art Franschhoek se deure staan weereens oop met ’n oorvloed van kuns.

Die fees het reeds verlede week afgeskop en besoekers het kans tot 27 November 2017 om van Suid-Afrika se beste kuns te besigtig.

Die wêreldbekende Everard Read-galery sal gesogte werke uitstal van Suid-Afrika se beste kontemporêre kunstenaars. Ander uitstallings waarna besoekers kan uitsien is Ebony / Curated se prag-versameling vir die fees, wat landskap-meester Erik Laubscher insluit, Pierneef by die La Motte Museum (ons sal later meer hieroor berig) en Donna McKellar se solo-uitstalling by die Holden Manz-galery in die middel van die dorp.

Mens kan ook nie van kuns in Franschhoek praat sonder ’n verwysing na Grande Provence nie. Dit is enige tyd van die jaar ’n besoek werd. Die beeldhouer Anton Smit (foto) hou tans ’n solo-uitstalling, Walking Man, in Galery at Grande Provence.

Vir meer inligting besoek gerus www.franschhoek.org.za

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar