Die olieverf- en waterverfskilderye in At Sand’s Edge keer die tradisie van landskapskilderye op sy kop.

Die kunstenaar, Virginia MacKenny, is ’n medeprofessor in skilderkuns by die Michaelis School of Fine Art aan die Universiteit van Kaapstad. In hierdie uitstalling verander sy die perspektief van die kyker, van iemand op ’n uitkykpunt, na ’n meer intieme posisie van naby. Die idee hieragter is om ons in voeling te bring met beide ons vervreemding van en hegte band met ons omgewing.

MacKenny se vertrekpunt is die Kaapse landskappe en die rooi sandvlaktes van die Kalahari. Met die Wes-Kaap as onderwerp en die huidige droogte is haar uitstalling tans baie relevant.

At Sand’s Edge is by die Barnard Galery in Nuweland, Kaapstad, tot 28 November 2017.

Dancing with Doubt, 2016/2017
Dancing with Doubt, 2016/2017

Lewer kommentaar

Leave a Reply