Die lirieke Van Pink Floyd se “Comfortably numb” (1979) is die vertrekpunt van dié uitstalling.
Die uitstalling bring die werke van kontemporêre Suid-Afrikaanse kunstenaars saam wat visuele spanning en ’n sterk konseptuele krag kombineer, terwyl hulle noukeurig terugkeer met die idees en sentimente wat uitgedruk word deur hierdie ikoniese lied.
Die uitstalling dien as ’n dialoog tussen die werke van kunstenaars uit verskillende agtergronde en ontgin idees soos ‘vervreemding’, ‘ontnugtering’, ‘onsigbaarheid’ en ‘melancholie’.
Pink Floyd se album The Wall is ’n konsep album oor Pink, ’n verbitterde en vervreemde rockster. In die liedjie “Comfortably numb” vergelyk Pink sy herinneringe toe hy koorsig siek was as kind met sy latere ervaring as ’n volwassene wat niks kan voel nie. Die lirieke het ‘n wisselwerking tussen ‘n dokter wat die volwasse Pink en Pink se innerlike dialoog behandel. Roger Waters beweer dat die liedjie handel oor die “losmaak van realiteit” en “vervreemding”, terwyl Dave Gilmour voorgestel het dat die liedjie in twee afdelings verdeel kan word: donker en lig.
Die artistieke praktyk buite geografiese afbakening, en arbitrêre grense. Die uitstalling beklemtoon dat hierdie toestand van “tussen-in” ’n wye verskeidenheid potensiaal het. Hierdie kunstenaars betrek die kyker in die dikwels intieme beweging en vernietiging van die menslike lewe en terselfdertyd die volharding van die delikate, humoristiese, liriese of goddelike.
Die kunstenaars wat uitstal is: Ad-Reflex, Thonton Kabeya, Nathani Lüneburg, Chris Slabber, Zelda Stroud en Hannalie Taute. Die kurator is Johan Conradie.
Die uitstalling is tans by Gallery 2 in Jan Smuts-laan in Parkwood en duur tot 26 Augustus 2017.